Vergeef
Ek het jou al oral gesoek
Nee nêrens kon ek jou weer vind
Jy’s in geen land en geen stad straat
Waar ek jou nog soek
Toe het ek in klowe verdwaal
Net ego was my antwoord daar
O kom tog gou as die aand daal
Die wind klink na jou
O ek weet ek was verkeerd
Ja ek was verkeerd
Vergeef is al wat ek vra
Die verlange brand in my
Verlange is my pyn
Kan jy nie sien hoe ek rou?
As die bleek, blou maan op ons skyn
Hoe sal ek jou ooit kan vergeet?
Nêrens is daar nog ‘n mens soos jy
Geen een ooit soos jy
O ek weet ek was verkeerd
Ja ek was verkeerd
Vergeef is al wat ek vra
Die verlange brand in my
Verlange is my pyn
Kan jy nie sien hoe ek rou?
As die bleek, blou maan op ons skyn
Hoe sal ek jou ooit kan vergeet?
Nêrens is daar nog ‘n mens soos jy
Geen een ooit soos jy
Geen een ooit soos jy