Negentien September
Hou vir my September as jy teruggaan in my broei
Nog gasse oor die eiland teen die sewend neste roei
Daar was robbe in die voorbaai en die bote teen die kaai
Lê en wieg, wag oor die water vir die seisoen se draai
Want ek wil voor begin en oor begin en weer begin
Voor negentien September
Ja ek wil voor begin en oor begin en weer begin
My droom was net ‘n voëlvlug oor die eiland van die hart
Hou vir my September as jy terugkeer in my roer
Na waar duikers hulle kleintjies nou kromnek sit en voer
Want daar's robbe in die voorbaai en die bote teen die kaai
Lê en wieg, wag in die water vir ‘n skoon seisoen se draai
Want ek wil voor begin en oor begin en weer begin
Voor negentien September
Ja ek wil voor begin en oor begin en weer begin
My droom was net ‘n voëlvlug oor die eiland van die hart
Vergifnis dit het nie ‘n spertyd nie
Ons swem te lank in oseane van seer
Ek vra vir genade van bo voor die wind sy rigting draai
Want ek wil voor begin en oor begin en weer begin
Voor negentien September
Ja ek wil voor begin en oor begin en weer begin
My droom was net ‘n voëlvlug oor die eiland van die hart