Die Pad

Raak jou voete seer?
Gaan nog seerder word
Sal blase maak, selfs bloei

Raak die laste swaar?
Dit gaan nog swaarder raak
Jou swakker maak, selfs breek

Maar êrens gaan jy op staan
Êrens gaan jy weer probeer
Al val jy dan ook nog 'n keer, probeer jy weer en weer

Want hierdie is die pad
Die een wat ek moet loop
Kronkel vir kronkel
Draai vir draai
Hou ek vas aan hoop

Raak die vrae te veel?
En woorde min?
Te ver geloop vir oor begin?

Voel die reis te lank?
Jou oë verdwaal?
Te ver om my te kom haal?

Maar êrens gaan jy op staan
En êrens gaan jy weer probeer
Al val jy dan ook nog 'n keer, probeer jy weer en weer

Want hierdie is die pad
Die een wat ek moet loop
Kronkel vir kronkel
Draai vir draai
Hou ek vas aan hoop

Want hierdie is die pad
Die een wat ek moet loop
Kronkel vir kronkel
Draai vir draai
Hou ek vas aan hoop

Die stof sal gaan lê
Daar's krag om te sê
Dis die pad vir my uitgelê

Want hierdie is die pad
Die een wat ek moet loop
Kronkel vir kronkel
Draai vir draai
Hou ek vas aan hoop

Want hierdie is die pad
Die een wat ek moet loop
Kronkel vir kronkel
Draai vir draai
Glo ek vas in hoop

Músicas más populares de André Schwartz

Otros artistas de Crooner