Langarm Krismis

Langarm Krismis
Krismis op die plaas
Langarm Krismis
Krismis op die plaas

Die deure staan oop gordyne waai lui
Dis warm soos die hel in hierdie heilige tyd
Vat ons weer nader nader aan mekaar
Nader na die Hemel toe mekaar se sondes dra

Kersfees op die plaas wakker geraas
Ons het altyd altyd tot laat
Liedjies gesing en liggies gestrei
O die beste vir almal en die beste vir my

Vat my huistoe ek verlang
Vat my terug ek verlang
Vat my al die pad na Oukersaand

Waar my mense heelaand dans
Selfs die oumas kry ‘n kans langarm Krismis
Krismis op die plaas
Langarm Krismis
Krismis op die plaas

Hande vashou bid
Die Lazy Susan draai
Die kluitjies prut die reuk van onderdrukte drome
Vul die huis wil nie sê wat ek dink nie
Wil nie vir Ma ontstel nie sal maar nog ‘n glasie klink

Al drie wysemanne skree op die dominoes
Die potbloumat van die voorkamer is vuil getrap
Almal is welkom almal is hier
Die pelle bel van ver af om te hoor hoe gaan dit hier

Vat my huistoe ek verlang
Vat my terug ek verlang
Vat my al die pad na oukersaand

Waar my mense heelaand dans
Selfs die ouma's kry ‘n kans langarm Krismis
Krismis op die plaas
Langarm Krismis
Krismis op die plaas

Vat my huistoe ek verlang
Vat my terug ek verlang
Vat my al die pad na oukersaand

Waar my mense heelaand dans
Selfs die ouma's kry ‘n kans langarm Krismis
Krismis op die plaas

Vat my huistoe ek verlang
Vat my terug ek verlang
Vat my al die pad na oukersaand

Waar my mense heelaand dans
Selfs die ouma's kry ‘n kans langarm Krismis
Krismis op die plaas
Langarm Krismis
Krismis op die plaas vanaand langarm Krismis
Krismis op die plaas

Músicas más populares de Tarryn Lamb

Otros artistas de Afrikaans