Afgrond

Johan Oberholzer

Een tree vorentoe en twee terug maar ons praat nie daaroor
Dit is agter die rug
Ons bly sê dis okay en ons hou net verby daardie afgrond

Twee tree vorentoe en een terug en ons weet dis nie reg
Maar ons bly sien 'n lig
Ons bly glo dis okay en ons hou net verby

Gaan ons bly staan of gaan ons spring
In hierdie donker afgrond in?
Gaan ons val of gaan ons sweef
Sien jy kans om te probeer?
Net een manier om te weet

Gaan ons hier bly of gaan ons loop?
Daar is 'n kans en daar is hoop
Ons weet ons kan ver kom as ons net in die afgrond in val

Kyk net vorentoe en nooit terug
Ons is sterker as dit
Nog nie einde in sig maar die pad wat ons loop is net vasbyt en hoop

Gaan ons bly staan of gaan ons spring
In hierdie donker afgrond in?
Gaan ons val of gaan ons sweef
Sien jy kans om te probeer?
Net een manier om te weet

Gaan ons hier bly of gaan ons loop?
Daar is 'n kans en daar is hoop
Ons weet ons kan ver kom as ons net in die afgrond in val
In val

Een tree vorentoe net een
Sit jou hand in my hand jy is mos nie alleen nie

Gaan ons bly staan of gaan ons spring
In hierdie donker afgrond in?
Gaan ons val of gaan ons sweef
Sien jy kans om te probeer?
Net een manier om te weet

Gaan ons hier bly of gaan ons loop?
Daar is 'n kans en daar is hoop
Ons weet ons kan ver kom as ons net in die afgrond in val
Ons weet ons kan ver kom as ons net in die afgrond in val

Músicas más populares de Tarryn Lamb

Otros artistas de Afrikaans