Geheueverlies

Johan Oberholzer

Vasgehou soos net jy kon
Mooiste woorde uit you mond
Saam met jou die sterre kyk
So gelukkig saam gelyk

Saam 'n huis gebou op sand
Die keuses van 'n dwase man
Die reën geval, die vloed stuig op
Ek bou weer oor, maar op 'n rots

Vat jou vashou, vat jou liefde
Gee my net geheueverlies
Ek's gereed
Ek wil vergeet
Vat die seerkry en die soene
Alles wat ons saam gedoen het
Ek verkies
Geheueverlies

My geleer hoe om te wees
Hoe om te lief, hoe om te leef
Ek is net hartseer, glad nie kwaad
Ek wens ek kon jou eerder haat

Maar hoe vergeet 'n mens mekaar?
Vat dit 'n dag, 'n maand of jaar?
Want jy was amper wat ek kort
Ek bou weer oor, maar op 'n rots

Vat jou vashou, vat jou liefde
Gee my net geheueverlies
Ek's gereed
Ek wil vergeet
Vat die seerkry en die soene
Alles wat ons saam gedoen het
Ek verkies
Geheueverlies

Vat jou vashou, vat jou liefde
Gee my net geheueverlies
Ek's gereed
Ek wil vergeet
Vat die seerkry en die soene
Alles wat ons saam gedoen het
Ek verkies
Geheueverlies
Geheueverlies

Vat jou vashou, vat jou liefde
Gee my net geheueverlies
Ek's gereed
Ek wil vergeet
Vat die seerkry en die soene
Alles wat ons saam gedoen het
Ek verkies
Geheueverlies

Músicas más populares de Tarryn Lamb

Otros artistas de Afrikaans