Parapapa
Ek soek jou in die sonskyn hier naby my
My arms om jou sexy bruin gebrande lyf
En weet jy hoe dit voel wat jy aan my doen?
My hele lyf is joune as jou lippe myne soen
In die oggend dou voor dag as jy langs my kom lê
Jou lyfie styf teen my is waar ek jou by my wil hê
En ek wonder of jy weet hoe ek oor jou voel?
My hart is aan die brand my babe dis wat jy aan my doen
En as ek ooit sou vlug na daai eiland in die see
Los ek als net hier solank jy saam met my sal wees
En weet jy hoe ek voel as jy aan my raak?
My lyf begin te sweet jy sien my kop raak deurmekaar
Elke oggend dou voor dag as jy langs my kom lê
Jou lyfie in my bed's waar ek jou heeldag wil hê
En ek wonder of jy weet hoe ek oor jou voel?
My hart is aan die brand my babe dis wat jy aan my doen
Kom lê hier in die sonskyn hier langsaan my
My arms om jou sexy bruin gebrande lyf
En weet jy hoe dit voel as jy fluister in my oor?
Jy sê jy's lief vir my dis wat ek elke dag wil hoor
In die aand tot middernag as ons vry op die strand
Jou lyfie styf teen my dan slaan my wêreld aan die brand
Ek wonder of jy weet hoe ek oor jou voel?
Jy maak my bietjie mal my babe dis wat jy aan my doen