Altyd Ma Se Kind
Hierdie is ‘n lys
Alles wat ek voel hier op papier geskryf
Noem dit 'n brief 'n lied 'n gedig of 'n versameling van dankbaarheid
Nou's die regte tyd
Later is te laat en tyd vlieg verby
So hierdie is 'n storie van 'n liefde wat jy net eenkeer kry
Wie was daar toe ek die eerste keer
My oë oopmaak en in die lewe in tree?
Wie was daar hoe sou ek ooit vergeet?
Om my te leer 'n goeie lewe te leef (So Ma moet weet)
Ma het vir my lewe gegee die beste gegee wat Ma kon
Ma het vir my soveel geleer geleer van die soet en die seer
Maak nie saak wat gebeur ek sal nooit vergeet
Ek bly altyd ma se kind
Altyd ma se kind
Ek sal dit nooit vergeet nie
Alles wat my ma my as 'n kind geleer het
Om onvoorwaardelik trots te wees op myself en om vir ander mense om te gee
En wat ookal gebeur ek moet weet dis okay
Om nie perfek te wees nie
So hierdie is 'n storie van 'n liefde wat net 'n ma kan gee
Wie was daar toe ek die eerste keer?
Verlief geraak het dat my hart net wou breek
En wie was daar om met die seerste seer
Te troos en trane van my wang af te vee? (So Ma moet weet)
Ma het vir my lewe gegee die beste gegee wat Ma kon
Ma het vir my soveel geleer geleer van die soet en die seer
Maak nie saak wat gebeur ek sal nooit vergeet
Ek bly altyd ma se kind
Altyd ma se kind
So ek belowe vir die res van my lewe is ek dankbaar ma (Dankbaar Ma)
En ek belowe vir die res van my lewe is ek daar vir ma (Daar vir Ma)
Ma het vir my lewe gegee (Lewe gegee)
Die beste gegee wat ma kon
Ma het vir my soveel geleer (Soveel geleer)
Geleer van die soet en die seer (Soet en die seer)
Maak nie saak wat gebeur (Wat gebeur)
Ek sal nooit vergeet
Ek bly altyd ma se kind (Ek bly ma se kind)
Altyd ma se kind (Altyd ma se kind)
Ek bly altyd ma se kind (Altyd ma se kind)
Altyd ma se kind