Jy Raas

Jou vrou sê jy's deurmekaar
En die skottelgoed's nog nie klaar
Jy boer te veel in die bar
Maar ek kyk en gooi haar 'n sshht jy raas

Nou's die baas weer op jou case
Sê daar's niemand so lui soos jy (Is waar)
Jy's 'n las vir die maatskappy
Maar ek kyk en ek gooi hom, sshht jy raas"

Jou ex sê, jy's to blame, (Is'it)
Vir depressie en haar pyn (Ag shame)
Soek helfte van die plaas
Maar ek kyk en ek gooi haar, sshht, jy raas

Die skoolhoof sê jy's 'n grap
Te dom vir Standerd agt (Sê wat)?
'n Slapgat van formaat
Maar ek kyk en ek gooi hom, sshht, jy raas

Jou lippe praat, praat, praat, wat wil jy sê?
Jy maak geraas, wat wil jy hê?
(Sshht, jy raas)
Waar bly jy? (Waar bly jy?)
Waar bly jy? (Waar bly jy?)
Jy bly stil, stil, stil, stil, stil, stil, stil
Stil, stil, stil, stil, stil, stil, stil
O, want 'n stilbek, is 'n heelbek
Is 'n stilbek, is 'n heelbek, ja, so bly net in jou baan
Ja, 'n stilbek, is 'n heelbek, is 'n stilbek
Is 'n heelbek, ja, so bly net in jou baan

Die dominee van N.G. Oos
Sê jy vloek soos 'n matroos (Eina!)
In die kerk met 'n babalaas
Maar ek kyk en ek gooi hom, sshht, jy raas

Die bankbestuurder sê (Wat?)
Wil 'n meeting met jou hê (Tsek)
Al my payments is weer laat
Maar ek kyk en ek gooi hom, sshht, jy raas

Jou girl sê jou oë loop rond
En op Valentine's was jy dronk (Hello)
En dis tyd vir trouplanne maak
Maar ek kyk en ek gooi haar, sshht, jy raas

Jou man sê ek kry te min (Is ja)
En jy kla as hy gaan drink
Sê sy braaibroodjies kort meer kaas
Maar jy kyk en jy gooi hom, sshht, jy raas

Jou lippe praat, praat, praat, wat wil jy sê?
Jy maak geraas, wat wil jy hê?
(Sshht, jy raas!)
Waar bly jy? (Waar bly jy?)
Waar bly jy? (Waar bly jy?)
Jy bly stil, stil, stil, stil, stil, stil,stil
Stil, stil, stil, stil, stil, stil, stil
O, want 'n stilbek, is 'n heelbek
Is 'n stilbek, is 'n heelbek, ja, so bly net in jou baan
Ja, 'n stilbek, is 'n heelbek, is 'n stilbek
Is 'n heelbek, ja, so bly net in jou baan

(Bly net in jou baan)
Ssshhht, jy raas!

Curiosidades sobre la música Jy Raas del Snotkop

¿Cuándo fue lanzada la canción “Jy Raas” por Snotkop?
La canción Jy Raas fue lanzada en 2018, en el álbum “Sous”.

Músicas más populares de Snotkop

Otros artistas de