Asemrowend
Ek love dit as jy skelm op 'n Sondag kom kuier
Jou warm lyfie saggies langs my rug ingekruip
En baby daar’s nie woorde wat beskryf hoe baie lekker ek kry
Ek love dit as jy vinnig op ‘n Maandag inloer
Surprise my met 'n piekniek op die kombuis se vloer
En baby daar’s nie woorde wat beskryf hoe ongelooflik dit voel
Jy’s ongelooflik
En asemrowend
My hele lewe draai om jou
En dit is hoe ek voel (Hoe ek voel hoe ek voel)
Ek love dit as jy skielik op 'n Woensdag kom groet
Jou arms om my vasgevou terwyl ek jou soen
En baby daar’s nie woorde wat beskryf wat dit aan my doen
Ek love hoe jy net rustig in my arms kan lê
Sexy in 'n T-shirt hoef ons niks eers te sê
En baby daar’s nie woorde wat beskryf hoe baie lief ek jou het
Jy’s ongelooflik
En asemrowend
My hele lewe draai om jou
En dit is hoe ek voel (Hoe ek voel hoe ek voel)
Ek love dit as jou lippe saggies oor myne streel
En as jy ooit seerkry sal ek altyd daar wees
En baby daar’s nie woorde wat beskryf hoe al jou liefde my heal
Jy’s ongelooflik
En asemrowend
My hele lewe draai om jou
En dit is hoe ek voel (Hoe ek voel hoe ek voel)
Daar’s niks wat ek nie sal gee
Om altyd by jou te wees
Jou lewe met jou te deel
En al jou trane wegvee
En as jou lippe my soen
Onthou dat ek als sal doen om jou te heal
Jy’s ongelooflik
En asemrowend
My hele lewe draai om jou
En dit is hoe ek voel (Hoe ek voel)
Jy’s ongelooflik
En asemrowend
My hele lewe draai om jou
En dit is hoe ek voel (Hoe ek voel hoe ek voel)