Kan Jy Onthou

Jy lê hier in my drome
Jy lê hier in my hart
In my are lê jou spore
Dit is liefde wat hier binne brand

Nooit gedink ons sou bestaan nie
Nooit gedink hierdie dag sou kom
En jy's my wonderwerk op aarde
Ek's jou wentelbaan daarom

En ek kan onthou
Ja ek onthou
In my drome was ek reeds al lief vir jou

En jy kyk na my
Ja baby kyk na my
Ek sal jou dra en jou beskerm tot die dood ons skei

Sit jou hand hier teen my bors
En voel daar's vrede hier in my
Kyk na my
Ja baby kyk na my

Hoe verduidelik 'n mens die lewe?
Hoe verduidelik 'n mens die hart?
Daar is soveel wat ook seer kry
Daar is soveel wat ook liefde tart

Jy was my gister jy is my more
Ek wil oud word saam met jou
En daar is geen toekoms in die verlede
Ons het altwee weer 'n kans gekry

En ek kan onthou
Ja ek onthou
In my drome was ek reeds al lief vir jou

En kyk na my
Ja baby kyk na my
Ek sal jou dra en jou beskerm tot die dood ons skei

Druk jou hand hier teen my bors
En voel daar's vrede hier in my
Kyk na my
Ja baby kyk na my

Kyk die kleure van die reënboog
Daar's so baie om van te kies
Maar die keuse is joune

En kyk die son en kyk die maan
Hulle sal vir altyd skyn
Maar die keuse is jou

Jy lê hier in my drome
Jy lê hier in my hart
Want in my are lê jou spore
Dis liefde wat hier binne brand

Lê hier in my drome
Lê hier in my hart
Want in my are lê jou spore
Dit is liefde wat hier binne brand

Jy was my gister jy is my more
Ek wil oud word saam met jou
En daar is geen toekoms in die verlede
Ons het altwee weer 'n kans gekry so baby kyk na my
O kyk na my

Músicas más populares de Touch Of Class

Otros artistas de Afrikaans