Ek Staan Met Trots

Ek staan gereed
Om te sê wat ek moet sê
Om te doen wat ek moet doen
Om jou by my te hou

So sê jou sê
Om te vermag wat jy wil hê
Ek moet leer om op te staan
Sterk te staan om te streef waarna ek glo

Ek staan met trots
Hier voor jou
'n Hart wat brand
Vir jou my taal

Ek sal jou my alles gee
Tree vir tree
So kom ek nader aan jou

Ek sal jou praat
Tot die kraanse antwoord gee
Wat ek is en wat ek dink
Bly in jou woorde lê

Wat ek wil sê
Wat in my drome lê
Is als iets deel van jou
Toe gevou jou erfenis behou

Ons staan met trots
Hier voor jou
'n Hart wat brand
Vir jou my taal

Ek sal jou my beste gee
Met siel en gees
Om altyd vir jou daar te wees

Ons staan saam Afrikaans sal in ons harte brand
'n Taal wat nooit agter mag bly
Staan saam en bou die hoeksteen van ons land
Staan saam staan saam

Ek staan met trots
Hier voor jou
'n Hart wat brand
Vir jou my taal

Ek sal jou my alles gee
Tree vir tree
So kom ek nader aan jou

Ek staan met trots
Hier voor jou
'n Hart wat brand
Vir jou my taal

Ek sal jou my beste gee
Met siel en gees
Om altyd vir jou daar te wees
Daar te wees

Músicas más populares de Touch Of Class

Otros artistas de Afrikaans