Grassade In Die Wind

Ek loop maar katvoet deur my woorde
Soos deur die bitter mooi Karoo
En iewers skuil daar nog akkoorde
Iewers waai 'n rolbos vas

Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai

Ons speel op die walle van die Groot Rivier
Begrawe my drome in die sand
'n Sterretjie vir Kersfees is nie veel gevra
Noem hom sommer maar my naam

Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai

Warm warelwinde draai en draai
My gedagte daarin vas gevang
As ek dit eendag daar los kan woel
Sal ek vir jou 'n poskaart stuur

Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai my kind
Ons is maar grassade my kind
In die wind verwaai

Grassade my kind in die wind verwaai
O grassade my kind in die wind verwaai

Músicas más populares de Touch Of Class

Otros artistas de Afrikaans