Namibiese Oe
Hier staan ek op die strand in Namibia
Die golwe bons en ek dink aan jou
Ek verlang nou terug mis jou soene op my lippe
Sê my hoe kon ek jou net so verloor?
Ek bou kastele in jou gesig van sand gemaak
En ek wens ek kon net weer aan jou raak
My Namibiese oë
Iewers het jy verdwyn
Het in die branders gaan speel
En nou staan ek hier alleen (Staan ek hier alleen)
My Namibiese oë
My in die seer laat glo
Dis altyd die waarheid wat die seerste maak
My Namibiese oë
Dit het als gebeur toe ek jou nie kon red nie
Die boot het gesink en ek was te laat
Toe ek jou vashou en jou oë saggies toe maak
En jou hare streel en sê ek's lief vir jou
Ek bou kastele in jou gesig van sand gemaak
En ek wens ek kon net weer aan jou raak
My Namibiese oë
Iewers het jy verdwyn
Hier teen die branders gaan speel
En nou staan ek hier alleen (Staan ek hier alleen)
My Namibiese oë
My in die seer laat glo
Dis altyd die waarheid wat die seerste maak
My Namibiese oë
Al kom daar donker tye sal ek nie bang wees nie
Ek hoor jou stem wat roep oor die see