In Die Koelte Van My Hart
In die koeltes van jou hart
Daar leer ek lag, daar leer ek praat
Daar's elke kleur behalwe swart
In die koeltes van jou hart
Jy sluit my oop, jy maak my vry
Jy's altyd hier net aan my sy
‘n Storieboek wat ek wil lees
‘n Hoofstuk uit ‘n ander reeks
Want ek is gek oor wat jy doen en jy proe as ek jou soen
Dis waar ek wil wees in die skadus van jou liggaam en jou gees
En ek is gek oor hoe jy ruik en ek is mal oor hoe jy lyk
Dis waar ek wil wees in die skadu van jou menswees
Hoe kan ek wys wat ek voel?
Hoe gaan ek sê wat ek bedoel?
Jy breek die donker mure af
Jy gee my altyd nuwe krag
Sal dit vir altyd so kan wees?
Ja sonder stress en sonder vrees
En meisiekind sal jy verstaan
Wat hier in my hart aangaan?
Want ek is gek oor wat jy doen en jy proe as ek jou soen
Dis waar ek wil wees in die skadus van jou liggaam en jou gees
En ek is gek oor hoe jy ruik en ek is mal oor hoe jy lyk
Dis waar ek wil wees in die skadu van jou menswees
Sonder twyfel weet ek waar ons staan
En sonder twyfel weet ek waarheen ek met jou wil gaan
Want ek is gek oor wat jy doen en jy proe as ek jou soen
Dis waar ek wil wees in die skadus van jou liggaam en jou gees
En ek is gek oor wat jy doen en jy proe as ek jou soen
Dis waar ek wil wees in die skadus van jou liggaam en jou gees
En ek is gek oor hoe jy ruik en ek is mal oor hoe jy lyk
Dis waar ek wil wees in die skadus van jou menswees
En dis waar ek wil wees in die skadus van jou menswees