Dit Is Nooit Te Laat

Jy het my hart laat val
Ek het dit nie verdien
In jou spore rond gedwaal
Net om jou weer te sien

Met daai selfde kyk
In jou donker oë
Is jy dalk weer spyt
Hoe kon jy als verloor?

As ek sien hoe jy loop en lag
Met die sonskyn op jou lippe sag
Kan ek nie wag vir hierdie dag om jou weer te sien

Dit is nooit te laat om jammer te sê
Dit is nooit verby as jy alleen moet gaan lê
As jy weer probeer nog 'n kans kan gee is dit jy
Net jy wat oor bly

Ek het nog 'n lied wat ek vir jou wil sing
Terwyl my woorde opraak maak jy net sin
As jy weer probeer nog 'n kans kan gee is dit jy
Net jy wat oor bly

Jy het my opgetel
Gesê dat alles reg sal wees
Dit was my laaste val
Jy moet my oop wonde genees

Met daai selfde kyk
Kyk jou oë reg deur my
Jy weet dis nooit te laat
Om ons liefde terug te kry

As ek sien hoe jy loop en lag
Verdwaal my oë my hart klop sag
Jy weet ek kan nie wag vir hierdie dag om jou weer te sien

Dit is nooit te laat om jammer te sê
Dit is nooit verby as jy alleen moet gaan lê
As jy weer probeer nog 'n kans kan gee is dit jy
Net jy wat oor bly

Ek het nog 'n lied wat ek vir jou wil sing
Terwyl my woorde opraak maak jy net sin
As jy weer probeer nog 'n kans kan gee is dit jy
Net jy wat oor bly

Hoe kan 'n mens moeite hoekom kom my woorde te laat?
Dis asof ek jou hartklop teen aan my voel
Hoe kan jy my verlaat?
As jy weet dit is nooit te laat

Dit is nooit te laat om jammer te sê
Dit is nooit verby as jy alleen moet gaan lê
As jy weer probeer nog 'n kans kan gee is dit jy
Net jy wat oor bly

Dit is nooit te laat om jammer te sê
Dit is nooit verby as jy alleen moet gaan lê
As jy weer probeer nog 'n kans kan gee is dit jy
Net jy wat oor bly

Ek het nog 'n lied wat ek vir jou wil sing
Terwyl my woorde opraak maak jy net sin
As jy weer probeer nog 'n kans kan gee is dit jy
Net jy wat oor bly

Músicas más populares de Touch Of Class

Otros artistas de Afrikaans