Water Van Die Lewe

Red my van die nagmerrie, verlos my van die droom
Vat my hand en laat my rus hier by die soeter loom
Neem my hart en reinig my en plant my soos 'n boom langs die water, die water van die lewe
Langs die water, die water van die lewe

Lei my waar die lammers wei, laat my tent opslaan in vrede
Skenk my die brood wat honger blus en stil my raas en rede
Anker my in liefde en verhoor tog my gebede
Gee my die water van die lewe
Gee my die water van die lewe

Watter god kan ek vertrou?
Is daar 'n pous wat van my hou?
Wat maak die vaders en die konings al hoe kwater?
Vir wie se oorlog moet ek sterf?
Wie se heks se poot ek erf?
En waar's die water van die lewe?
Gee my die water van die lewe

Wie se wette is jaloers en watter boodskap maak ons broers?
Waar is die land waarna ons strewe?
Is dit ons heling of ons bes, is dit die kruis of trippel ses?
Waar is die seun wat ons vergewe?
En waar's die water van die lewe?

Waar moet ek heen, wie sal my seën, en wie's die opper drie in een?
Moet ons nog ween in hierdie dorre son en steen
Ek's wel in reën o, waar's die reën o, waar's die reën o, waar's die reën?
En waar's die water van die lewe?
Ja, waar's die water van die lewe?

Gee my die water van die lewe
Gee my die water van die lewe

(Gee my die water van die lewe)
(Gee my die water van die lewe)

(Gee my die water van die lewe)
(Gee my die water van die lewe)

(Gee my die water van die lewe)
Water van die lewe (Gee my die water van die lewe)

Curiosidades sobre la música Water Van Die Lewe del Koos Kombuis

¿Cuándo fue lanzada la canción “Water Van Die Lewe” por Koos Kombuis?
La canción Water Van Die Lewe fue lanzada en 2012, en el álbum “Dertien”.

Músicas más populares de Koos Kombuis

Otros artistas de