Maanlig-Aand In Ou Parys

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Ek stap die pad alleen vanaand met die Vaalrivier op regter kant
En die volmaan in my linkerhand in die strate van Parys

Ou koerant waai teen die ogiesdraad, daar's 'n pothole in Oranjestraat
Maar ek sien orals mense lag en praat en ek weet ek's eintlik tuis

Dis 'n maanlig-aand in ou Parys
Huis pondok, vetkoek-paleis
Dit is die einde van my reis
En ek is tuis
In ou Parys

Ek vat die pad alleen vannag tot waar die laaste donker pawn shop wag
In Ruby's hoor ek 'n gelag, ek voel so lief vir hierdie plek
Op die deurstraat flikker wit en rooi, al die liggies van die dorp so mooi
Sal ons 'n tafel kry in hooi-pelooi, ons kan ons wonde sit en lek

Want dis 'n maanlig-aand in ou Parys
Huis pondok, vetkoek-paleis
Dit is die einde van my reis
En ek is tuis
In ou Parys

By 'n bruggie sit 'n bedelaar na die vuilgoed in die stroom en staar
Hy hou sy handpalms so bymekaar, wat kan 'n honger man dan maak?

As die beurtkrag kom is alles swart, als bedek onder ons blinde smart
Verdwaal in hierdie donker hart, blootgestel en naak

Maar dis 'n maanlig-aand in ou Parys
Huis pondok, vetkoek-paleis
Dit is die einde van my reis
En ek is tuis
In ou Parys

Curiosidades sobre la música Maanlig-Aand In Ou Parys del Koos Kombuis

¿Cuándo fue lanzada la canción “Maanlig-Aand In Ou Parys” por Koos Kombuis?
La canción Maanlig-Aand In Ou Parys fue lanzada en 2017, en el álbum “Langpad Na Lekkersing”.
¿Quién compuso la canción “Maanlig-Aand In Ou Parys” de Koos Kombuis?
La canción “Maanlig-Aand In Ou Parys” de Koos Kombuis fue compuesta por ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Músicas más populares de Koos Kombuis

Otros artistas de