Blou Maan

TONY HYMAN

Ek het al my woorde afgesterf
Op sy geskuif en weg gesweer
Maar vanaand toe ek die deur oopskuif na gister
Toe vind ek hulle weer

Ek wou nie meer daai liedjies hoor
Ek het lankal al daai tunes verloor
Maar iewers in die stilte na 'n week van reën en wind
Moet ek my hart weer vashou want hy huil soos 'n kind

Blou maan
As ek jou net kon verstaan
As jy net vir my wou sê
Wat vanaand hier met my aangaan
Blou maan
Blou maan

Ek het my eerste naam al lank vergeet
En in 'n anner land gaan woon
Daar was niks meer wat my ooit sou roep
Terug na die kring van bitter hoon

Ek het die volk op sy geskuif
Die dolk gedryf, die laer verlaat
Maar vanaand skyn daardie lig van ouds
Weer bleek en bitsig oor my straat

Blou maan
As ek jou net kon verstaan
As jy net vir my wou sê
Wat vanaand hier met my aangaan
Blou maan
Blou maan

Al die weemoed en die waansin, en die wrokke en die woede
En die wonde het ek weg gewens
Maar die wit sirkel op die einde het my weerstand kom verslind
Al die seerkry toegebind
Van hierdie mens
Van hierdie mens

Blou maan
As ek jou net kon verstaan
As jy net vir my wou sê
Wat vanaand hier met my aangaan
Blou maan
Blou maan

Blou maan
Blou maan
Blou maan
Blou maan

Curiosidades sobre la música Blou Maan del Koos Kombuis

¿Cuándo fue lanzada la canción “Blou Maan” por Koos Kombuis?
La canción Blou Maan fue lanzada en 2017, en el álbum “Langpad Na Lekkersing”.
¿Quién compuso la canción “Blou Maan” de Koos Kombuis?
La canción “Blou Maan” de Koos Kombuis fue compuesta por TONY HYMAN.

Músicas más populares de Koos Kombuis

Otros artistas de