Resessie-Blues

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Boetie het verlede week
Sy kar verkoop
Nou moet hy elke oggend mos kantoor toe loop

Tella het haar job by die factory verloor
Van haar spaargeld en haar unitrusts
Is niks meer oor

Wilmpie se huis is al maande in die mark
As niemand dit wil hê nie sal hy moet slaap in die park

Almal kry mos swaar vanjaar en almal het gelose
Kom ons sing nou almal saam
Aan die resessie-blues
Die resessie-blues

OJ is bankrot, het sy overdraft gespend
Sy landlord en sy skuldeisers eis elke sent

Emily soek skoolfonds vir haar dogter in graad 10
Sy adverteer maar nou die tv
En die wasmasjien

Buksie is gefloor want sy tax is weer verkeerd
Nou invest hy in die lotto want hy glo dit is sy beurt

Niemand is meer welaf, en niemand can pick and choose
Kom ons sing nou almal saam
Aan die resessie-blues
Die resessie-blues

Die rand is aan die daal
Die uitvoer-boere juig
Maar op die lang duur sal ons almal
Aan die welfare tiet moet suig

Ouens by die traffic light
Bedel vir 'n rand of twee
Maar die mense wat nog wiele het het niks ekstra om te gee
Niks ekstra om te gee

Solly is retrench, hy hoort dit gister by sy baas
Vanaand gaan hy hom dronk suip en dan sy breins uitblaas

Elna het haar trouring by die pawn shop ingegee
Sy's maande laas betaal en sy's close by moed opgee

Wouter is depressed want sy vrou het hom gelos
Vir 'n piramideskema en 'n vliegkaartjie na Oz

Almal kry mos swaar vanjaar, en almal het gelose
Kom ons sing nou almal saam
Aan die resessie-blues
Die resessie-blues

Curiosidades sobre la música Resessie-Blues del Koos Kombuis

¿Cuándo fue lanzada la canción “Resessie-Blues” por Koos Kombuis?
La canción Resessie-Blues fue lanzada en 2009, en el álbum “Koos Kombuis”.
¿Quién compuso la canción “Resessie-Blues” de Koos Kombuis?
La canción “Resessie-Blues” de Koos Kombuis fue compuesta por ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Músicas más populares de Koos Kombuis

Otros artistas de