Op 'n Donkie
In die begin was ek klein soos die eerste ster
Ek het gelag en gespeel in die lig daar ver
Toe't ek afgekyk hoe dit hier onder lyk
En ek het diep gesug want daar was nêrens lig nie, nie eers 'n vonk nie
In 'n groot woestyn langs 'n vlak rivier het ek vir veertig dae na die son getuur
Toe't ek ingestap aan die diepste kant
Daar was 'n stem wat roep oor die warm sand, soos 'n donkie
Soos 'n donkie bring ek die reënboog terug
Soos 'n donkie laat ek die bose vlug
Op 'n donkie maak ek jou heel vanaand
Op 'n donkie
Op die laaste aand
By 'n trou-onthaal was die drank al op
Al die gaste vra vir 'n laaste dop
Toe't ek teen einde raak na die tenk gestap
En ek het Chardonnay uit die kraan getap, soos 'n dronkie
In 'n donker straat op die tweede vloer van 'n gastehuis klink 'n groot remoer
Dis die laaste keer laat ek my vriende groet
Dis die eerse keer dat ek my dood ontmoet op 'n donkie
Op 'n donkie bring ek die reënboog terug
Op 'n donkie laat ek die bose vlug
Op 'n donkie maak ek jou heel vanaand
Op 'n donkie
Op die laaste aand
Na maanlig tyn op die stad se rand, sê ek nee vir die bitter beker want
Dis te groot vir my, dis soos lood vir my
Ja as ek 'n criminal is hoekom sit hulle my nie net in die tronk nie
Aan die einde van die tyd as die aarde huil, die riviere roei en die see so vuil
As die skadu's val oor die diepste dal sal ek terugkeer met 'n trompet geskal op 'n donkie
Op 'n donkie bring ek die reënboog terug
Op 'n donkie laat ek die bose vlug
Op 'n donkie maak ek jou heel vanaand
Op 'n donkie
Op die laaste aand
Stille water
Diepe grond
Onder draai die aliens rond
In die hemel waar sterre val
Oneindig hoog
Oneindig mal