Mona Lisa
Jy's die einde van 'n reënboog in 'n droogte droogte land
Jy draf rond tussen die tafels van die Griekse restaurant
Ek bestel 'n koppie koffie
Vergeet heetemal van breakfast
Ek roer dit om terwyl jy kom
Ek roer dit om
En ek kyk my stom en ek wonder of dit wettig is
Mona Lisa, Mona Lisa, voller as 'n wynglas, mooier as pizza
Mona Lisa, Mona, Mona, jy's glad nie op my menu nie
Is ek dalk op joune?
Mona, Mona
Skilders van ouds probeer al vir jare om jou glimlag te beskryf
En hier kry ek dit onverwags iewers tussen 3 en 5
In 'n porra vrot kafee
Waar trendy's klets en kleingeld klink
Die eindelose droom, die illusie van die boom van kennis en van skroom
Die pyn wat mans laat drink
Mona Lisa, Mona Lisa, voller as 'n wynglas, mooier as pizza
Mona Lisa, Mona, Mona, jy's glad nie op my menu nie
Is ek dalk op joune?
Mona, Mona
Is everything alright sir?
Ja nee, ek kan nie kla nie
Ek kan 'n duisend liedjies oor jou skryf maar ek weet nie hoe om jou naam te vra nie
Aan die einde van die tonnel, in die bodem van my glas
Daar raak jy op
Ek gryp my koep
Daar raak jy op
Ek vra nog dop
En verloor jou in 'n alkohol blus
Mona Lisa, Mona Lisa, voller as 'n wynglas, mooier as pizza
Mona Lisa, Mona, Mona, jy's glad nie op my menu nie
Is ek dalk op joune?
Mona, Mona