Lalie

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Lalie, jy’t vir my gesê, so lank soos die lepel in die papbord lê
Solank soos Ouma nog kleinkinders wil hê, sal jy my by jou laat lê

Maar Lalie, nou’s dit donker maan, en daar’s goed wat ek nie kan verstaan
Wat nou gebeur het was mos nooit ons plan, Lalie, jy weet jy erf my van

Lalie, amper is nie stamper, en wie dra nou jou yellow jumper
Daar’s ‘n nuwe sticker op jou bumper, daar’s ‘n ander ou wat jou nou pamper, pamper

Lange nagte’s jy al fort, lange dae wat weke word
Ons pap begin al koud word innie bord, Lalie, life is gans te short

Ek sien jou Sondags oppie stoep, en ek sweer jy hoor die dorpseuns roep
Lalie, Lalie kom tog terug, true love druk deur soos ‘n poep, poep, poep

Jou boyfriend dra jou rose aan, maar roosblare sal gou vergaan
En stadsgedruis mos straks verslaan, soos seker soos die lepel innie papbord staan

Lalie, kom terug na die veld toe, stuur hom terug na die land van geld toe
Ek was van toeka af jou held, toe, Lalie, stuur hom na sy hel toe, hel toe

Lalie, jy’t vir my gesê, so lank soos die lepel in die papbord lê
So lank soos Ouma nog kleinkinders wil hê, sal jy my by jou laat lê

Curiosidades sobre la música Lalie del Koos Kombuis

¿Quién compuso la canción “Lalie” de Koos Kombuis?
La canción “Lalie” de Koos Kombuis fue compuesta por ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Músicas más populares de Koos Kombuis

Otros artistas de