CocaCola Nooi

Jy het my in die restaurant opgefix
Jy was besig om milkshakes en omelet’s te mix
Toe kom ek in, en sê: “Ek’s André”
En toe wil jy weet: “Is jy lief vir my?”
Ek antwoord: “Ek weet nie, ons kyk maar”
“Ek was net op soek na die naaste Wimpy-Bar”
“Ek’s joune vir altyd" se sy "check jou mate”

En ek scheme by myself: “Maar altyd is ‘n lang tyd”

Jy’s my Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
Jy het eers gedink jy gaan altyd met my mee
My Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
En toe jy wou bly, was die antwoord, “Nee”
“Want ek is nie PFP, nee, want ek is nie ANC”

Toe vat ek jou weg na ‘n wrede straat
Met graffiti teen die mure en haat
Snags is daar bendes en Polisie wat baklei
Maar steeds klou jy soos ‘n label aan my sy
Some say love, it is a river
Maar hier is saam wees stomper as ‘n razor
“How’s your hand ol’ mate? Rook nog ‘n pyp”
Want die’s mos die flip-side van die Fairest Cape

Jy’s my Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
Jy het eers gedink jy gaan altyd met my mee
My Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
En toe jy wou bly, was die antwoord, “Nee”

Jou pa het kom soek na sy derde-oudste dogter
Met ‘n mes in sy sak, en ‘n lyf vol alcohol
Hulle sê vir hom: “Sy bly daar saam met die digter”
En daai aand moes ons vir ons lewens weghol

Jy’s my Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
Jy het eers gedink jy gaan altyd met my mee
My Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
En toe jy wou bly, was die antwoord, “Nee”
“Want ek is nie PFP, nee, want ek is nie ANC”

Jy’s my Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
Jy het eers gedink jy gaan altyd met my mee
My Coca-Cola nooi, my Nescafé kaffee
En toe jy wou bly, was die antwoord, “Nee”

Curiosidades sobre la música CocaCola Nooi del Koos Kombuis

¿Cuándo fue lanzada la canción “CocaCola Nooi” por Koos Kombuis?
La canción CocaCola Nooi fue lanzada en 1999, en el álbum “Mona Lisa: Die Mooiste Love Songs”.

Músicas más populares de Koos Kombuis

Otros artistas de