Waterblommetjies

Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos in die Wynland
En sê jy's baie lief vir my voor jy gaan slaap

Daardie wind waai weer by my voordeur in
En hy maak my hart weer lekker sing
Dis gaaf om die Kaap weer dag te sê

En ek vat jou saam na die Koringland
Wie ry saam as my hart so brand?
Dis lekker om die Boland lief te hê

Van Hunks het weer sy pyp gestop
Tafelberg se hoed is op
En die bergies begin al huis se kant toe staan

Groenpunttoring knip sy oog
Suid-oos maak 'n wye boog
En die Waalpad help jou as jy huis toe gaan

O, die liggie hier is vry
Waar my hart heeltyd wil bly
En ek will my lanks ou Mies Victoria neer gaan vlei

Laat ons by die Tuine loop
By die Parade iets gaan koop
En as die wind koud waai
Laat ek gou eers jou jas vasknoop

Want daar is waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos in die Wynland
En sê jy's baie lief vir my voor jy gaan slaap

O Kaap, O Kaap, mooiste Kaap
Jy maak my hart weer baie seer
Jou ghantang kom mos altyd weer en weer

Want die Mayflower het uitgevaar
En gaan snoek haal daar by Houtbaai
Waar Karbonkelberg die stormsee gewaar

Drie skepsels het by Dassiepunt
Na die sterre gekyk
En teen die wind in voet geslaan
En die stralekrans aangegee

Hulle het teruggekeer na Tafelbaai
En op Duiwelspiek vir die engel gewaai
En die engel het 'n traan uit sy oë gevee

Want daar is waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies van die Kaap
Maak die bredie net soos in die Wynland
En sê jy is baie lief vir my
Voor jy gaan slaap

Curiosidades sobre la música Waterblommetjies del Sonja Herholdt

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Waterblommetjies” por Sonja Herholdt?
Sonja Herholdt lanzó la canción en los álbumes “Waterblommetjies” en 1978, “Gunsteling Treffers” en 1992 y “Sonjare” en 2002.

Músicas más populares de Sonja Herholdt

Otros artistas de Afrikaans