Mooi Griekeland

ANTON GOOSEN, P KARTNER

In Griekeland is al die huisies wit en skyn die son in al die strate
Die stoele staan daar buite en om tafels praat die mense tot laat
In geel velde dans die meisies vir toeriste, rooi rokkies en kaalvoet
‘n Visserman stap krom verby, hy glimlag nog vir almal wat hom groet

Mooi Griekeland
Jou helder see weerspieël die strale van die laatdag son
Mooi Griekeland
In alle kleure hang blomme aan ‘n klein balkon
Mooi Griekeland
Jou slanke vissersbote sny daardeur die silwer see
Mooi Griekeland
Daar klink ‘n sagte melodie in elke straatkafee

In Griekeland verkleur die middagson die helder lug in geel oranje
‘n Bruilofspaartjie glimlag en drink op hul geluk ‘n glas sjampanje
Bouzoukis elders in ‘n straatkafeetjie speel vir verliefde paartjies
En later in die helder aand sak sagte stilte neer oor die klein straatjies

Mooi Griekeland
Jou helder see weerspieël die strale van die laatdag son
Mooi Griekeland
In alle kleure hang blomme aan ‘n klein balkon
Mooi Griekeland
Jou slanke vissersbote sny daardeur die silwer see
Mooi Griekeland
Daar klink ‘n sagte melodie in elke straatkafee

Mooi Griekeland
Jou helder see weerspieël die strale van die laatdag son
Mooi Griekeland
In alle kleure hang blomme aan ‘n klein balkon
Mooi Griekeland
Jou slanke vissersbote sny daardeur die silwer see
Mooi Griekeland
Daar klink ‘n sagte melodie in elke straatkafee

Curiosidades sobre la música Mooi Griekeland del Sonja Herholdt

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Mooi Griekeland” por Sonja Herholdt?
Sonja Herholdt lanzó la canción en los álbumes “On Stage/In Die Kalklig” en 1978 y “Sonjare” en 2002.
¿Quién compuso la canción “Mooi Griekeland” de Sonja Herholdt?
La canción “Mooi Griekeland” de Sonja Herholdt fue compuesta por ANTON GOOSEN, P KARTNER.

Músicas más populares de Sonja Herholdt

Otros artistas de Afrikaans