Harlekyn

ANTON GOOSEN

Bring vir
Die harlekyn nog wyn
Rooi wyn
Vir sy lag en traan en pyn
Want hy wys ons
Die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot
Onder in Saldanhabaai

Bring vir
Die harlekyn nog wyn
Rooi wyn
Vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons
Die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot
Onder in Saldanhabaai

Sirkus mense
Is in die dorp
Groot tent verrys
En die narre staan daar rond

Helder kleur vragmotors
Kom en gaan
Manne oppie stokke
Waens wat eenkant staan

Bring vir
Die harlekyn nog wyn
Rooi wyn vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons
Die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot
Onder in Saldanhabaai

Sirkusmeester
Knik sy kop
Betree dan die arena
Sit sy swart hoed op

Blaas eers op sy fluitjie
Afrigter lig sy stok
Seilgordyne gly oop
En die leeus kom uit hul hok

Hoogtou akrobate
Die mense slaak 'n sug
Dwarsoor met eenwiel fietse
Dan keer hul weer terug

En eenkant in die donker
Weggesteek voel ek klein
Want niks is ooit so hartseer
Soos die traan van die harlekyn

Bring vir
Die harlekyn nog wyn
Rooi wyn
Vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons
Die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Bring vir
Die harlekyn nog wyn
Rooi wyn
Vir sy lag en trane en pyn
Maar hy wys ons
Die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot
Onder in Saldanhabaai

Van die Vaal tot
Onder in Saldanhabaai

Curiosidades sobre la música Harlekyn del Sonja Herholdt

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Harlekyn” por Sonja Herholdt?
Sonja Herholdt lanzó la canción en los álbumes “Gunsteling Treffers” en 1992 y “Sonjare” en 2002.
¿Quién compuso la canción “Harlekyn” de Sonja Herholdt?
La canción “Harlekyn” de Sonja Herholdt fue compuesta por ANTON GOOSEN.

Músicas más populares de Sonja Herholdt

Otros artistas de Afrikaans