Tant Mossie

Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?
Ken jy die plaaspad se uitdraai by Waenhuiskrans?

Die donkielong huil op ou lang Piet se skoot
En die trap orrel skree, die ooge word groot
As ou Oom Stefaans sy viool begin stem
En Tan' Fien druk oupa Frans in 'n stywe lyf klem

Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?
Ken jy die plaaspad se uitdraai by Waenhuiskrans?
Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?

Engelse konsertina speel 'n lekker vastrap
In die hoek op 'n sleepwa is die braaivleis en pap
En die tannies en die oomies skoffel deurdruk dag toe
En die misvloer blink vanaand en ons skree, balke toe

Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?
Ken jy die plaaspad se uitdraai by Waenhuiskrans?
Ken jy Tan' Mossie se sakkie, sakkie, sakkie, boeredans?

Músicas más populares de Sonja Herholdt

Otros artistas de Afrikaans