Soen My Vandag

Tyd is net 'n storie wat die dae laat sin maak
Sekondes in die ure wat jou hart aan myne raak
Dit maak nie saak nie

Die maande is die sirkels wat jou voete teruglei
Jare is adresse waar jou liefde myne kry
Maar dit vlieg verby

Soen my vandag as of more die son nie sal ken nie
Soen my so lank as jy kan en belowe my dan dat jy altyd hier sal bly
Soen my vandag asof niks in die wêreld bestaan nie
Jou soene is sag, so moenie meer wag nie, soen my vandag

Eeue is verhale wat die boek laat aangaan
Stories van die liefde wat 'n honderd jaar lank leef
En dit hou vir altyd

Ek en jy is stories wat die toekoms inhou
Elkeen wat my naam onthou onthou dan ook vir jou
Soen my nou

Soen my vandag as of more die son nie sal ken nie
Soen my so lank as jy kan en belowe my dan dat jy altyd hier sal bly
Soen my vandag asof niks in die wêreld bestaan nie
Jou soene is sag, so moenie meer wag nie, soen my vandag
Jou soene is sag, so moenie meer wag nie, soen my vandag

Soen my vandag (Soen my vandag)
Soen my vandag (Soen my vandag)
Tyd is net 'n storie wat die dae laat sin maak
Sekondes in die ure wat jou hart aan myne raak

Soen my so lank as jy kan en belowe my dan dat jy altyd hier sal bly
Soen my vandag asof niks in die wêreld bestaan nie
Jou soene is sag, so moenie meer wag nie, soen my vandag
Jou soene is sag, so moenie meer wag nie, soen my vandag

Músicas más populares de Sonja Herholdt

Otros artistas de Afrikaans