Skipskop

Pak op
Pak op
Sit jou goedjies
Op jou kop
Môre gaan ons weg
Vêr van hier weg

Skipskop
Skipskop
Wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
Die blou berge oor

Overberg se mens
Is ek gebôre
Op die plek
Skipskop
Nes my pa en sy pa ook
Hier deurdie duine
Loop onse spore
Hier op die beach, hier langs die see is ek gedoop

Maar wat ken ek anders?
As die bloudam se branders
Die wolke
En die winde wat hier waai

Verkoop jou bootjie
En pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop
Skipskop sê goodbye

Die linkerhand
Of die regterhand?
Wat se kant
Lê die plek,
Misverstand
Asseblief meneer
Ag
Sê tog weer
Is dit die pad wat ons moet
Môre vat?

'n Stukkie lê hier, en
'n Stukkie lê daar
Die stukkies van my lewe
Lê baie deurmekaar

Tel op
Vir Shorty
En tel op
Vir Pop
Gaan haal vir Apie
En hou daai kindjie dop

Maar wat ken ek anders?
As die blou dam se branders
Die wolke
En die winde
Wat hier waai

Verkoop jou bootjie
En pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye

Maar wat ken ek anders?
As die blou dam se branders
Die wolke
En die winde
Wat hier waai

Verkoop jou bootjie
En pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye

So long Skipskop, Skipskop

Goodbye

Curiosidades sobre la música Skipskop del Sonja Herholdt

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Skipskop” por Sonja Herholdt?
Sonja Herholdt lanzó la canción en los álbumes “Gunsteling Treffers” en 1992, “Skipskop” en 1996 y “Sonjare” en 2002.

Músicas más populares de Sonja Herholdt

Otros artistas de Afrikaans