Die Lewende Water

Gebore in Bethlehem
Die wyses het Hom herken
En die nederige herders kniel
Voor die Koning en Heer

Hy was net 'n mens en tog
Was Hy toegerus met krag
Dit was duidelik Hy is die een
Wat die redding sou bring

Laat almal wat dors is
Kom drink van die water
Die lewende water
Van die Redder wat kom, laat almal wat moeg is
Kom rus by die water, Hy leef
Hy leef, laat ons juig oor ons Redder wat kom

Hy skenk die gewone mens
Genade wat onbegrens
Soos lewende water bruis
Hy gee vrede en rus

Party mense stap verby
Om 'n ander fontein te kry
Maar die lewende water is
Net by Jesus te kry

Laat almal wat dors is
Kom drink van die water
Die lewende water
Van die Redder wat kom, laat almal wat moeg is
Kom rus by die water, Hy leef
Hy leef, laat ons juig oor ons Redder wat kom

Die skare skree, kruisig Hom
Die massas het saamgedrom
Om Hom te sien sterf die dag
Aan die Golgota kruis

Maar Jesus het opgestaan
Hy het uit die graf gegaan
En Hy roep nog na jou en my
Om die redding te kry

Laat almal wat dors is
Kom drink van die water
Die lewende water
Van die Redder wat kom, laat almal wat moeg is
Kom rus by die water, Hy leef
Hy leef, laat ons juig oor ons Redder wat kom

Hy leef, laat ons juig oor ons Redder wat kom

Curiosidades sobre la música Die Lewende Water del Sonja Herholdt

¿Cuándo fue lanzada la canción “Die Lewende Water” por Sonja Herholdt?
La canción Die Lewende Water fue lanzada en 1995, en el álbum “Dis Kersfees”.

Músicas más populares de Sonja Herholdt

Otros artistas de Afrikaans