Ryg My Lippe Toe

As die donkergange net dalk donker word en my gedagtes net meer morbied word
Sien ek hoe die helder ligte net al sieker word en verdwyn in die nag se koue
As my oë al stadiger aan swaarder word en my visie van jou al meer vervalle word
En die krag uit my uitgetap word, skree ek sonder om ‘n klank te hoor

As my woorde soos die holtes klink en jy my dade sonder mening vind
En my taal en asem en aksent bind, pleit ek jou om my nooit weer te laat sing, sing

My hele lewe lank het ek gestrewe, opgebou, afgebreek vir geen rede
Ek gee my alles waar daar kans was waar als wat ek sê vals is
Ryg my lippe toe
Ryg dit toe

As my moed al stadig begin opdroog en my drome al hul kragte verloor
En die Here sonder ‘n passie loop, skree ek sonder om ‘n klank te hoor
As die helder son al hoe bleker word en in my wil vir lewe al hoe minder word
En my boodskap ‘n mening kort, pleit ek jou om my nooit weer te laat sing, sing

My hele lewe lank het ek gestrewe, opgebou, afgebreek vir geen rede
Ek gee my alles waar daar kans was waar als wat ek sê vals is
Ryg my lippe toe
Ryg dit toe

Ryg my lippe toe
Moet my nie laat sing
Moet my nie laat sing

Músicas más populares de Riana Nel

Otros artistas de Country pop