Huistoe
Ek't nie gedink dit sou my breek
Die bitter koue laat my beter weet
Jou stem verander
En my verlange laat my soek na jou gesig
Die wolke vou rondom die maan
Ek sou jou liefhê soos die laaste man
Maar al die meters
En kilometers tussen jou en my bestaan
Ek't nie gedink ek sou jou so mis nie
Oor die grense waar my hart rus nie
Jy's my eie pad wat my sal huis toe vat na jou
Na die winter sal my hart weer vas kan hou
Ek't nie gedink ek sou jou so mis nie
Oor die grense waar my hart rus nie
Jy's my eie pad wat my sal huis toe vat na jou
My pad wat my na jou toe vat
My huis toe vat na jou
Daar's nie 'n rede om te bly
My laaste Rand om oor die foon te vry
En al wat luister
En vir my fluister is 'n stem wat iets wil hê
Ek tel die dae, ek kan nie wag
'n Duisend myl net om jou te laat wag
So deur die trane
Verlore jare is dit weer net soos dit was
Ek't nie gedink ek sou jou so mis nie
Oor die grense waar my hart rus nie
Jy's my eie pad wat my sal huis toe vat na jou
Na die winter sal my hart weer vas kan hou
Ek't nie gedink ek sou jou so mis nie
Oor die grense waar my hart rus nie
Jy's my eie pad wat my sal huis toe vat na jou
'n Pad wat my na jou toe vat
My huis toe vat na jou
En ek luister hoe jy afstap in die gang
Ek onthou elke oomblik wat ek het na jou verlang