Nooit Te Laat

Jy't al lankal al besluit om my te vermy
Jy't te maklik weggedraai, dit blameer op my
Jy't al lankal al gekies
Om te vergeet van my

Jy't al hoeveel keer probeer om dit reg te kry
Jy't al lankal al geval en toe seer gekry
Jy't al lankal omgedraai
En vergeet van my

Maar dis nooit te laat om om te draai
Jou verlede te los in 'n oomblik
Om jou self te kan vind is nog moontlik

Dis nooit te laat om om te draai
Jou gedagtes te veg in 'n oorlog
Om te weet wie jy is, wie jy is, was nog altyd genoeg

Jy bly luister na die woorde wat gesê is toe
Jy besluit om jouself in te gee daartoe
Jy's gevorm en gemaak
En jy weet wie jy is

Jy bly twyfel in die vrae wat die waarheid dra
Al die stemme in jou kop wat jou hart verklaar
Jy't 'n keuse, jy besuit
In wie jy weet Hy is (Wie jy weet)

Maar dis nooit te laat om om te draai
Jou verlede te los in 'n oomblik
Om jou self te kan vind is nog moontlik

Dis nooit te laat om om te draai
Jou gedagtes te veg in 'n oorlog
Om te weet wie jy is, wie jy is, was nog altyd genoeg

Is daar 'n rede vir wat jy wou hê
As jy hoor wat die duisende sê
Want as alles weer stilraak
Gewoon raak en wegraak, die wêreld jou net daar laat lê

Dis nooit te laat om om te draai
Jou verlede te los in 'n oomblik
Om jou self te kan vind is nog moontlik

Dis nooit te laat om om te draai
Jou gedagtes te veg in 'n oorlog
Om te weet wie jy is, wie jy is, was nog altyd genoeg

Músicas más populares de Riana Nel

Otros artistas de Country pop