My Hele Lyf

Riana Nel

Ek staan onder die aand se sterre
Vrede vind ek in die stille nag
Dit is waar ek vir jou wag

Ek hoor die stem van 'n belofte
Eerste woord tot laaste asem haal
Sal ek behoort aan jou

Maar my tyd stap aan
Tog my hoop, bly staan

Want ek wag op die dag
Wat my ridder my kom haal, en ek in sy arms val
En niks ons ooit kan skei

En ek wag op die nag
Want dis nie langer meer alleen
En ek weet jy is dié een
Wat my hele lyf kan kry

Hand aan hand in Menlyn se winkels
Vas gegom hier aan jou dimpels, ja
Dis waarvoor ek nog altyd wag

Stry oor wie vandag bestuur
Jou en 'n myne, en dis te duur, my skat
Dis waarvoor ek nog altyd wag

Maar die tyd stap aan
Tog my hoop, bly staan

En ek wag op die dag
Wat my ridder my kom haal, en ek in sy arms val
En niks ons ooit kan skei

En ek wag op die nag
Want dis nie langer meer alleen
En ek weet jy is dié een
Wat my hele lyf kan kry

Want jy
Belowe my, dit wat ek wil hoor
Jy leer my
Verseker my, om in ons te glo

En ek wag op die dag
Wat my ridder my kom haal, en ek in sy arms val
En niks ons ooit kan skei

En ek wag op die nag
Want dis nie langer meer alleen
En ek weet jy is dié een
Wat my hele lyf kan kry

Ek weet jy is dié een
Wat my hele lyf kan kry

Curiosidades sobre la música My Hele Lyf del Riana Nel

¿Cuándo fue lanzada la canción “My Hele Lyf” por Riana Nel?
La canción My Hele Lyf fue lanzada en 2011, en el álbum “Die Moeite Werd”.

Músicas más populares de Riana Nel

Otros artistas de Country pop