Meer As 'n Vriend [Live]

En dit voel as, soos verewig
Wie sou nou gedink het ons sou nie meer sweef op die vlerke van verlief wees
Dalk 'n koppie koffie sê jy ken my vrees
Want jy sien alles, en alles binne my word wakker as jy naby my staan
Jy is alles, en alles raak te veel vir my vanaand

En ek bewe want dit is wat jy aan my doen
Is daar 'n rede om jou nie te soen
En voel jy nie dieselfde nie, jy't gesê jy verstaan, vergewe my
As jy dink dat ek jou hart mislei, dit was 'n oomblik om weer hoop te kry
Ek weet ek het jou seergemaak, jy's meer as 'n vriend vanaand

Dis 'n maand na wat gebeur het
Wie sou nou gedink het dat die wind sou draai in 'n oomblik van alleen wees
Dalk net te hartkoppig en my hart verraai
Want jy sien alles, en alles binne my word wakker as jy naby my staan
Jy is alles, en alles raak te veel vir my

En ek bewe want dit is wat jy aan my doen, is daar 'n rede om jou nie te soen
Voel jy nie dieselfde nie, jy't gesê jy verstaan, vergewe my
As jy dink dat ek jou hart mislei, dit was 'n oomblik om weer hoop te kry
Ek weet ek het jou seergemaak, jy's meer as 'n vriend vanaand

En ek bewe want dit is wat jy aan my doen, is daar 'n rede om jou nie te soen
Voel jy nie dieselfde nie, jy't gesê jy verstaan

Jy't gesê jy verstaan, vergewe my
As jy dink dat ek jou hart mislei, was 'n oomblik om weer hoop te kry
Ek weet ek het jou seergemaak, jy's meer as 'n vriend vanaand

Músicas más populares de Riana Nel

Otros artistas de Country pop