In Lewende Lywe
Marilyn Monroe ‘n droomvrou vir baie daar buite
Vir jare onthou ek die posters van haar teen die ruite
Die deure swaai oop en toe stap jy in is jy werklik?
En toe word jy my leading lady dis belaglik
O in lewende lywe net vir ‘n wyle in jou oë te kyk te sê hoe mooi jy lyk
En jou hand te vat en te verduidelik dis hoe ek voel
O in lewende lywe net vir ‘n wyle jou nader te bring in jou hart in te klim
En jou teen my te druk en te weet dit is in lewende lywe
Hier staan jy reg voor my in lewende lywe
Ek’t jou gekies as die ster wat speel in ons movie
Vir jare onthou ek daai magical aand in Julie
En dis toe die tyd dat jou glans my verryk jy was werklik
Jy bly my leading lady dit is duidelik
O in lewende lywe net vir ‘n wyle in jou oë te kyk te sê hoe mooi jy lyk
En jou hand te vat en te verduidelik dis hoe ek voel (Dis hoe ek voel)
O in lewende lywe net vir ‘n wyle jou nader te bring in jou hart in te klim
En jou teen my te druk en te weet dit is in lewende lywe
Jou mond jou oë jou lyf se lyne het my uitgeslaan soos medisyne
Dis jy net jy die regte vrou
Nie eers Marilyn of ‘n movie star het enigiets op jou
In lewende lywe net vir ‘n wyle in jou oë te kyk te sê hoe mooi jy lyk
En jou hand te vat en te verduidelik dis hoe ek voel (Ek wil jou sê my baby)
O in lewende lywe net vir ‘n wyle jou nader te bring in jou hart in te klim
En jou teen my te druk en te weet dit is in lewende lywe
Hier staan jy reg voor my in lewende lywe
Ja hier staan jy reg voor my in lewende lywe