As Die Wiel Ophou Draai

Soveel drome soveel wense
Beloftes almal goed bedoel
Ek weet as ons die seëninge tel
Het ons beker oor gespoel

Jou liefde is sonder grense
Die vlam het nooit verdwyn
Jy is die brug oor my hartseer en pyn
Sê ek dankie vir ‘n lewe so vol

As die wiel ophou draai
En my dae is klaar gesaai sê ek dankie
Vir hierdie oomblik in die son

As die wiel ophou draai
Kinders van ver af waai sê ek dankie
Want dis die beste wat ons kon
Sê ek dankie want dis die beste wat ons kon

So onthou die goeie dae
Die ander is lankal vergeet
Hierdie liedjie vir jou om jammer te sê
Jammer vir al die leed

Koester hierdie oomblik vir ewig
Goeie vriend deur tye duk en dun
Elke merk aan my gesig is aan ‘n man goed geseënd
Want jy dra my al het almal my vergeet

As die wiel ophou draai
En my dae is klaar gesaai sê ek dankie
Vir hierdie oomblik in die son

As die wiel ophou draai
Kinders van ver af waai sê ek dankie
Want dis die beste wat ons kon
Sê ek dankie want dis die beste wat ons kon

As die wiel ophou draai
En my dae is klaar gesaai sê ek dankie
Vir hierdie oomblik in die son

En as die wiel ophou draai
Kinders van ver af waai sê ek dankie
Want dis die beste wat ons kon
Ja sê ek dankie want dis die beste wat ons kon

Curiosidades sobre la música As Die Wiel Ophou Draai del Ray Dylan

¿Cuándo fue lanzada la canción “As Die Wiel Ophou Draai” por Ray Dylan?
La canción As Die Wiel Ophou Draai fue lanzada en 2014, en el álbum “Icon”.

Músicas más populares de Ray Dylan

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)