U Is So Goed Vir My
Here U is so goed vir my, U liefde spreek my vry
U was my deur U bloed, U red my, U bevry my
Here ek staan silwerskoon voor U die Vader Seun
My sonde glad nie
Nou kan ek lewe, ek is vergewe
Nou is my hart gevul met vrede
Strome van vreugde vloei in my lewe
Tyd en ewigheid ontmoet in my
Heer U is so goed vir my
U hand beskerm my
U woorde is my lig
Dit lei my, dit bevry my
Here sonder U wil ek nie wees
U vul en lei my met U Gees
Dat ek kan lewe met ‘n gewete skoon gewas, gevul met vrede
U is o Here waarheid en lewe
Tyd en ewigheid ontmoet in my
Het ek sonder U gelewe
Het ek nie maar net bestaan
Die bestemming van my hele wese
Breek in Jesus vir my aan
Here ek wil beskikbaar wees
My ligaam, my siel en gees
Sal neerbuig voor U woord
Kom spreek Heer ek wil luister
Heer en as ek in my sonde dwaal
Vergewe dit en kom my weer haal
Dat ek kan lewe met ‘n gewete skoon gewas, gevul met vrede
U is o Here my hele lewe
Tyd en ewigheid ontmoet in my
Here U is goed
U is baie goed vir my