Aandgebed
Jesus, Here Jesus, God van krag
Stuur U engele na ons vandag
Laat die bose magte om ons vlug
Skyn oor hierdie huis vandag U lig
Laat ons drome lig en helder wees
Maak U vrede sterker as die vrees
Hou U hand oor my, gee my rus
Dankie dat U self hier by my is
Dis U wat oor die groot heelal regeer
Wat sterrestelsels skep en dit beheer
U ken my hart, U weet as ek soms bang is, en broos is
Alleen is
Jesus Heer ek weet U's lief vir my
U het belowe U sal by my bly
En more vroeg breek ‘n nuwe dag
Wees net by my deur die donker nag
Dis U wat oor die groot heelal regeer
Wat sterrestelsels skep en dit beheer
U ken my hart, U weet as ek soms bang is en broos is
Alleen is
Jesus Here, Jesus God van krag
Hou my hand en waak by my vannag