Rietkind (Moses)

Uit ‘n mandjie tussen riete na ‘n heerser se paleis
Stap die koning seun, die moordenaar agter skape in die sand
By die vlamme van ‘n braambos, die bevel wat duidelik wys
Jy moet teruggaan na my kinders
Lei my volk uit hierdie land

Was daar dan al of sou daar ooit ‘n grooter leier kom?
As die rietkind met die sukkelstem
Die een wat die volk sou saamneem agter hom

‘n Man wat God verorden het om sy eie volk te lei
En uit die wanhoop van die slawehuis sy kinders te bevry

Uit die straf van God se tekens, uit vuur en wolk as krag
Trek die volk uit swaar verdrukking deur die see op droë grond
Singend, dansend die woestyn in na waar melk en heuning wag
Die wet in klip vir ewig dra die woord uit God se mond

Was daar dan al of sou daar ooit ‘n grooter leier kom?
As die rietkind met die sukkelstem
Die een wat die volk sou saamneem agter hom

‘n Man wat God verorden het om sy eie volk te lei
En uit die wanhoop van die slawehuis sy kinders te bevry

Veertig jaar in die woestyn het so min verstaan
Dat net hulle wat bly glo in God deur die Jordaan Rivier sou gaan

Ja daar sou voorwaar ‘n grooter een as Moses eendag kom
Die Jesus Kind uit Bethlehem, die Een die hele wêreld buig voor Hom
God se Seun wat Hy geoffer het om vir Sy eie volk te lei
En uit die sonde van die slawe huis Sy kinders te bevry

Ja die grooter een as moses het waarlik toe gekom
Die Kruishout Man uit Nasaret, die een wat die wêreld saamneen agter Hom
God se Seun wat Hy geoffer het om ons van sonde te bevry
En elkeen deur sy Jordaan Rivier na Kanaan te lei

Músicas más populares de Jan de Wet

Otros artistas de