Oorwinnaarsmars Keurspel

Wie sal ek stuur en wie sal vir my gaan?
Dis wat Hy vra
Toe sê ons ja

Ons is bereid om saam met Hom te gaan
Hy die Koning en Here
En Hy voer Sy leer aan, Hy wat regeer en Hy sal triomfeer

Wie sal ek stuur en wie gaan met My saam?
Wie hoor die Woord en wie verstaan?
Om ons is daar ‘n oorlog in die gees
Laat ons dan moedig wees

Iemand kan die lig laat skyn, die boodskap bring, sodat U lig oorwin

U is die groot Oorwinnaar
U het die dood oorwin
U het ons so lief
U sterf, maar U leef, wees Here en dis U wat die verlossing bring

Ons is meer as oorwinnaars wat saam met die Here gaan
En Hy voer ons aan, Hy regeer, Hy is Heer, Hy is Koning
Ons is meer as oorwinnaars wat saam met die Here gaan
En in Jesus' naam, in Sy krag en Sy mag sal ons oorwin

En ja ons sal vir ewig leef en saam met Hom regeer
Voor Sy hemel troon sal ons woon, sal ons staan, sal ons Hom loof

Maar U gee ook rus
U bring ons by U waterstrome waar daar rus is
U lê ons neer, herstel ons weer
Dat ons met nuwe krag oorwin en kan volhard

En vrede gee U ons
Ons is gerus in dat ons weet dat U by ons is
U, troos ons met woorde, Jy gee ons nuwe moed en gee die hoop om elke dag die pad met U te loop

Wie sal ek stuur en wie sal vir My gaan?
Hoor jy Hom vra?
Kom ons sê ja

Hy het die vyand en die dood oorwin
Waarom sal ons nou vrees?
Hy is altyd saam met ons deur woerd en gees
Ons sal oorwinnaars wees

Músicas más populares de Jan de Wet

Otros artistas de