Ons Sal Gaan
Ons wil liefhê met ons lewe
Ons wil minder praat, meer doen
Met ons lewe wys dat Christus omgee
In dit wat ons doen
Ons wil hande uitsteek en besig raak met wat God
Van ons vra
Vir die roepstem van die Here
Sê ons dankbaar ja
Ons wil God se woord meer oopmaak
Ons wil meer soos Jesus wees
Ons wil hoop en sonskyn uitdra
Ons wil sing as ander vrees
Ons wil pad aanwys na Jesus
Sodat almal Hom kan ken
Ons wil bid en ons wil luister
Na die klanke van Sy stem
Ons sal gaan
As Hy gaan
Ons sê ja
As Hy ons vra
Ons wil sing en praat van Jesus
Van Sy bloed en van die kruis
Van die wonder dat Hy lewe want Hy lewe in ons huis
Ons wil uitgaan na die nasies
Ons wil sing en proklameer
Dat die lekkerste van alles is
Om God te dien en eer
Ons sal gaan
As Hy gaan
Ons sê ja
As Hy ons vra
Want ons wil graag 'n verskil maak
Waar verskille nodig is
Ons wil leef met doel en visie
Waar daar dood loop strate is
Ons wil vas staan en volhard
Om Sy koningkryk te bou
Voor die Here Jesus terugkom
Om Sy bou planne op te vul
Ons sal gaan
Waar Hy gaan
Ons sê ja
As Hy ons vra
O, ons sal gaan
Waar Hy gaan
Ja, ons sê ja
As Hy ons vra
Ons sal gaan