Dis Kersfees
Met middernag keer feestlik weer die stonde
Toe God as mens neergedaal het na ons
Om ons te bevry van die mag van sonde
En ons te red van die dood en die hel
‘n Nuwe hoop vervul die hele aarde
Toe daardie nag gebore is die Heer
Kniel voor Hom neer
Kom ons loof die Heer
Dis Kersfees, dis Kersfees, Jesus is God met ons
Dis Kersfees, Kersfees, Hy is Emmanuel
Kom in geloof, kom laat ons tot Hom nader
Tot by die krip van die Heilige Kind
So het die wyse manne ook vergader
En voort gelei deur 'n ster Hom gevind
Ons sal Hom nooit ooit genoeg kan prys nie
Hy gebore het vir ons gely
Kom almal saam
Kom ons loof Sy naam
Dis Kersfees, dis Kersfees, die Here het neergedaal
Kersfees, dis Kersfees, Jesus het ons kom haal
Hy is die Here, bring Hom lof en ere
Dis Kersfees, dis Kersfees, loof Hom almal saam
Dis Kersfees, dis Kersfees, oh loof Sy heil'ge Naam