Daniel [Trio]
Man van geloof en van integriteit
Man van die woord in 'n moeilike tyd
Man van die waarheid wat lewendig getuig
Man van karakter wat net voor Jahwe buig
Oe jy's 'n man van wiesie, 'n man wat profeteer
'n Man wat uitsteg maar jy gee aan God die eer
Jy's God se man, vir jou is 'n strik gespan
En tog bly jy staan
Want in die kuil geskans deur 'n engel kon jy skuil
In die holte van sy hand
Man van aksie, man van die daad
Man met wysheid wat helder woorde praat
Man van dieper kyk as wat ons bolangs sien
Man wat besluit om die Here God te dien
Man van oormoed en tog 'n man van staal
Man wat die beste uit elke oomblik haal
Jy's God se man, vir jou is 'n strik gespan
En tog bly jy staan
Want in die kuil geskans deur 'n engel kon jy skuil
In die holte van sy hand
Man wat glo en man van strategie
Man wat bid en buig maar voor geen duiwel nie
Man van krag om die volk te lei
Man by wie mense nuwe hoop kan kry
Jy's 'n man wat leef om dinge goed te doen
Man wat profeteer oor God se wisioen