Alle Volke Klap Jul Hande

Alle volke, klap julle hande juig tot eer van God
Verhef jul stem en roem Sy Naam in elke stad op aarde

Sing en sing en sing dan saam loof en prys Sy grote Naam
Want Hy is ewig Koning in die Hemel en op aarde

Want die Hemelkoning skenk ons Sy genade

Hy is ewig Koning in die Hemel en op aarde
Die volke kniel en die nasies juig oor al Sy skeppings dade

Sing en sing en sing dan saam loof en prys Sy grote Naam
Want Hy is ewig Koning in die Hemel en op aarde
Sing en sing en sing dan saam loof en prys Sy grote Naam
Want die Hemelkoning skenk ons Sy genade

Ons gaan in Sy woning in Hy roep ons almal saam
Die skare juig en horings blaas ons almal roem Sy naam

Sing en sing en sing dan saam loof en prys Sy grote Naam
Want Hy is ewig Koning in die Hemel en op aarde
Sing en sing en sing dan saam loof en prys Sy grote Naam
Want die Hemelkoning skenk ons Sy genade

Músicas más populares de Jan de Wet

Otros artistas de