Eendag

Vir nou
Vir nou is ek lief vir jou
Vir nou hou ek vas aan jou
Tot ek beter woorde kry

Vir nou
Vir nou het ek man geraak
En probeer om als reg te maak
Wat die tyd verniel het

Nog net een dag
Voor ons vergaan
Voor wat ek is in sak en as is en ons altwee weer alleen is
Eendag
Eendag

Tot nou
Het ek dinge vermy
En kanse laat verby gly om te sê
Hoe seer my hart klop hier binne my

Tot nou
Het ek woorde terug gehou
Maar hoe kan 'n man sê
Dat sy lewe voor jou voete lê?

Nog net een dag
Voor ons vergaan
Voor wat ek is in sak en as is en ons altwee weer alleen is
Eendag

Nog net een dag
Voor ons vergaan
Terug na die grond met wie ek een is en herinneringe stil rus
Eendag

Wie nie waag nie sal nie wen nie
Jy's op pad jy's bestem, moeg gepraat moeg probeer, uit en uit jou les geleer
Jy's die horison my skat die stof lê op jou kronkel pad
Eendag sal jy my kan saam vat

Na eendag
Voor ons vergaan
Voor wat ek is in sak en as is en ons altwee weer alleen is
Eendag

Nog net een dag
Voor ons vergaan
Terug na die grond met wie ek een is en herinneringe stil rus
Eendag
Eendag

Curiosidades sobre la música Eendag del Elandre

¿Cuándo fue lanzada la canción “Eendag” por Elandre?
La canción Eendag fue lanzada en 2017, en el álbum “Kleindorp-Dromer”.

Músicas más populares de Elandre

Otros artistas de Pop rock