Rugsak

Sit by my jonger jy
Hier’s ‘n verhaal wat jy nie in ‘n storieboek kry nie
Belowe dis waar
Daar’s ‘n gelukkige einde daarna

Die lewe is nie net luister en lees
Dit is om jouself te wees en te onthou
Daar’s net een van jou

Eendag gaan jy inkleur met al die kryte in die boks
Eendag gaan jy optel wat jy moes los

So moet jou nie bekommer oor die pad nie
Moenie alles kop toe vat nie
Dis nie oor die grootse kasteel in die sandpit
Maar meer oor wat in jou hart sit

So vat jou pak, leer ken gemak
En sit dit alles in jou rugsak

Jy sal maar moet vertrou dat alles hier binne jou
So met rede gemaak is maar dink vir jouself
Ek weet dit klink na baie vir ‘n seuntjie van elf

Wees eerlik en gun elkeen hul son
Wie weet môre draai die wiel dalk in ‘n ander rigting
Maak vrede 'n verpligting

Eendag gaan jy inkleur met al die kryte in die boks
Eendag gaan jy optel wat jy moes los

So moet jou nie bekommer oor die pad nie
Moenie alles kop toe vat nie
Dis nie oor die grootse kasteel in die sandpit
Maar meer oor wat in jou hart sit

So vat jou pak, leer ken gemak
En sit dit alles in jou rugsak

Soms ek weet tyd loop stadig
En om te sit en net te wag, dit is aardig
Maar jy het net een verhaal so skryf dit in jou taal
Want dit is net vir jou om dit te gaan haal

Eendag gaan jy inkleur met al die kryte in die boks
Eendag gaan jy optel wat jy moes los

So moet jou nie bekommer oor die pad nie
Moet nie alles kop toe vat nie
Dis nie oor die grootse kasteel in die sandpit
Maar meer oor wat in jou hart sit

So vat jou pak, leer ken gemak
En sit dit alles in jou rugsak

Curiosidades sobre la música Rugsak del Elandre

¿Cuándo fue lanzada la canción “Rugsak” por Elandre?
La canción Rugsak fue lanzada en 2021, en el álbum “Rugsak”.

Músicas más populares de Elandre

Otros artistas de Pop rock