Skipskop

Pak op
Pak op
Sit jou goedjies
Op jou kop
Môre gaan ons weg
Vêr van hier weg

Skipskop, skipskop
Wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
Die blou berge oor

Overberg se mens
Is ek gebôre
Op die plek Skipskop
Nes my pa en sy pa ook

Hier deur die duine
Loop onse spore
Hier op die beach
Hier langs die see
Is ek gedoop

Maar wat ken ek anders
As die bloudam se branders
Die wolke en die winde
Wat hier waai

Verkoop jou bootjie
Pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop
Skipskop sê goodbye

Die linkerhand
Of die regterhand
Wat se kant lê die pad
Misverstand

Asseblief meneer
Ag sê tog weer
Is dit die pad wat ons moet
Môre vat?

'n Stukkie lê hier
En 'n stukkie lê daar
Die stukkies van my lewe
Hulle lê deurmekaar

Tel op, tel op
Vir Shorty en vir Pop
Gaan haal vir Apie en
Hou daai kindjie dop

Maar wat ken ek anders
As die blou dam se branders
Die wolke en die winde
Wat hier waai
Verkoop jou bootjie
Pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop
Skipskop sê goodbye
Ek sê so long Skipskop
Skipskop sê goodbye

Músicas más populares de Arno Jordaan

Otros artistas de Afrikaans