Kom Terug
'n Stem in die nag het gesê daar’s iemand anders in jou arms vanaand
Daar waar jy is
Daar waar jy is
Sal jy hoor as ek roep na jou laat in die aand?
As al die sterre verskiet
Of is alles verniet?
Of is alles verniet?
Kom terug na my toe vanaand
Tog weer terug na my kom terug en bly by my
Sê my jy dink aan my sê my dis nie verby
Want dit voel of ek skreeu teen die wind
Wat nie sy rigting wil verander nie
Kom terug na my toe vanaand
Kom tog net terug na my draai om en kyk vir my
Sê my jy hoor my huil kom oor my trane seil
Kom tog net terug na my
Kom terug na my toe vanaand
Berge van gister kom lê onder my voete as ek loop in die nag
Hier waar ek wag
Hier waar ek wag
As ek jou kon laat voel hoe dit voel
Om deur die storms van jou liefde te dwaal
Sal jy my kom haal?
Sal jy my kom haal?
Kom terug na my toe vanaand
Tog weer terug na my kom terug en bly by my
Sê my jy dink aan my sê my dis nie verby
Want dit voel of ek skree teen die wind
Wat nie sy rigting wil verander nie
Kom terug na my toe vanaand
Kom tog net terug na my draai om en kyk vir my
Sê my jy hoor my huil kom oor my trane seil
Kom tog net terug na my
Kom terug na my toe vanaand
Kom tog net terug na my, kom terug en bly by my
Sê my jy dink aan my, sê my dis nie verby
Maar dit voel of ek skree teen die wind